Au Pair
Active Kids Tutor and Au Pair Agency
Alberton, Gauteng
Opens the original listing in a new tab. Applying is free. Never pay money to get a job — report anyone who asks.
Job description
Au Pair / Kinderontwikkelingspraktisyn
Maatskappy: Active Kids
Ligging: Alberton, Gauteng
Indiensnemingstipe: Deeltyds
Salaris: Onderhandelbaar
Kwalifikasie: Vroeë Kinderontwikkeling (VKO/ECD) — verpligtend
Posbeskrywing
Die suksesvolle kandidaat sal kinders ondersteun en bydra tot hul versorging, leer en ontwikkeling, met verantwoordelikhede wat by die spesifieke pos en die behoeftes van die onderneming pas.
Minimum vereistes:
- Moet Afrikaans en Engels magtig wees. Afrikaans sprekende kandidaat is voordelig.
- Geldige bestuurslisensie en betroubare eie vervoer.
- Moet gemaklik wees om te swem.
- Moet beskik oor 2-3 jaar ondervinding met 6 maande en jonger babas
- Die kandidaat moet oor ’n erkende kwalifikasie in Vroeë Kinderontwikkeling (VKO) beskik (Early Childhood Development Qualification)
- Geldige noodhulpsertifikaat, verkieslik met opleiding in baba-noodhulp.
- Ondervinding met babas en jong kinders is 'n groot voordeel.
- Kennis van veilige slaappraktyke, voedingshigiëne en ouderdomstoepaslike stimulasie.
- Moet geduldig, liefdevol, verantwoordelik en betroubaar wees.
- Moet goeie kommunikasievaardighede hê en daaglikse terugvoer aan die ouers kan gee.
- Moet verwysings van vorige werkgewers kan verskaf.
- Moet tussen 25-40 jaar oud wees.
- Moet lief wees vir honde en gemaklik wees rondom hulle.
- Moet so gou moontlik kan begin.
Die volgende vereistes is verpligtend:
- ’n Kwalifikasie in Vroeë Kinderontwikkeling (VKO/ECD).
- ’n Opregte liefde vir kinders en ’n belangstelling in hul groei en ontwikkeling.
- Goeie kommunikasievaardighede.
- ’n Geduldige, verantwoordelike en betroubare persoonlikheid.
- Die vermoë om professioneel op te tree en verantwoordelikhede na te kom.
- Die kandidaat moet lief wees vir honde en gemaklik rondom hulle wees.
Belangrike Inligting:
- Ligging: Alberante, Alberton
- Geloof: Christen
- Ouderdom van kind(ers): Dogter van 3 maande
- Werksure:
- Ma. - Vr. 08:00-12:00
- Salaris: Betaling van R6 000 per maand
- Vervoer: geen bestuurdery nodig nie
- Au Pair moet geduldig wees, sy moet omgee en goed kan kommunikeer. Sy moet verantwoordelik wees.
- Die pos kan moontlik in die toekoms na ‘n voltydse posisie uitgebrei word (werksure en salaris sal hersien en aangepas word.
- Verpligtinge:
- Voltydse aandag en liefdevolle, verantwoordelike sorg gedurende werksure.
Verpligtinge:
- Voltydse aandag en liefdevolle, verantwoordelike sorg gedurende werksure.
- Voorbereiding en voeding volgens die ouers se instruksies.
- Sterilisering van bottels en skoonhou van voedingsbenodigdhede.
- Omruil van doeke en bestuur van slaap- en voedingsroetines.
- Ouderdomstoepaslike stimulasie en interaksie.
- Monitering van die baba se ontwikkeling en algemene welstand.
- Daaglikse terugvoer aan die ouers oor voeding, slaap en aktiwiteite.
Belangrike kennisgewing: Die VKO/ECD-kwalifikasie is ’n verpligte vereiste. Kandidate moet bewys van hul kwalifikasie indien om vir die pos oorweeg te word.
Indien jy passievol is oor kinders se ontwikkeling, verantwoordelik is en graag deel van Active Kids wil wees, nooi ons jou uit om aansoek te doen.
Doen aansoek op ons webwerf: www.activekids.co.za/become-an-au-pair
Pay: R6 000,00 per month
Work Location: In person
Found on Indeed · Posted 1 weeks ago · Last checked 5 days ago
Good to know
How do I apply for this job?
Tap "Apply on Indeed" to open the original listing, where you can read the full description and apply directly. JobsZA never charges you to apply, and you should never pay money to get a job.
Found on Indeed · Posted 1 weeks ago
Similar jobs in Alberton
Mr Price Group · Alberton, Gauteng
RGN Legacy Recruitment Services · Alberton, Gauteng