Hotel Operasionele Bestuurder
Orffer & Van der Merwe Human Resource Practitioners
Upington, Northern Cape
Opens the original listing in a new tab. Applying is free. Never pay money to get a job — report anyone who asks.
Hotel, lodge, restaurant and catering roles, from front office and housekeeping through to chefs and food and beverage management.
Job description
Ons kliënt, deel van ’n gevestigde groep in die luukse gasvryheidsbedryf, open ’n nuwe 5-ster boetiekhotel in Upington en beskik oor ’n uitstekende loopbaangeleentheid vir ’n energieke, dinamiese en prakties ingestelde kandidaat met uitgebreide operasionele bestuurservaring in die luukse gasvryheidsbedryf.
HOTEL OPERASIONELE BESTUURDER (5-STER BOETIEKHOTEL)
UPINGTON, NOORD-KAAP
Die suksesvolle kandidaat sal as hoofbestuurder verantwoordelik wees vir die vestiging, opening en algehele daaglikse bestuur van die hotel. Die pos vereis ’n sterk, sigbare leier met deeglike praktiese kennis van die volledige werking van ’n boetiekhotel, van ontvangs en besprekings tot huishouding, kos en drank, gasteverhoudinge, instandhouding en finansiële beheer.
VEREISTES
- Minimum 8 jaar toepaslike ervaring in die gasvryheidsbedryf , waarvan minstens 3–5 jaar in ’n senior operasionele bestuursrol binne ’n 4- of 5-ster hotel, boetiekhotel, lodge of soortgelyke luukse gasvryheidsomgewing.
- Deeglike praktiese kennis en ervaring van die volledige hotelbedryf, insluitend ontvangs, besprekings, huishouding, kos en drank, gasteverhoudinge, instandhouding en algemene hoteladministrasie.
- Bewese vermoë om die daaglikse bedrywighede van ’n hotel onafhanklik te bestuur en te koördineer.
- Sterk begrip van 5-ster diensstandaarde, persoonlike gastediens en die unieke vereistes van ’n luukse boetiekhotel.
- Praktiese ervaring met personeelbestuur, werkskedules, werwing, opleiding, dissipline en prestasiebestuur.
- Goeie finansiële en kommersiële insig, insluitend operasionele begrotings, kostebeheer, voorraadbeheer, aankope, inkomste en winsgewendheid.
- Ervaring met hotelbestuurstelsels (PMS/POS), besprekingsplatforms en aanlyn besprekingstelsels soos Booking.com en Expedia.
- Goeie begrip van kamerbesetting, tariefbestuur en die optimalisering van hotelinkomste.
- Sterk probleemoplossings- en besluitnemingsvaardighede, met die vermoë om operasionele uitdagings doeltreffend te hanteer.
- Goeie kennis van toepaslike arbeidswetgewing, gesondheids- en veiligheidsvereistes en hotelbedryfstandaarde.
- Uitstekende mondelinge en skriftelike kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels.
- Sterk organisatoriese, administratiewe en rekenaarvaardighede.
- Geldige Suid-Afrikaanse rybewys.
- Kennis van die Noord-Kaap en plaaslike toerisme sal voordelig wees.
- Bereidwilligheid om buigsame ure, naweke en openbare vakansiedae te werk soos die bedryf vereis.
SLEUTELVERANTWOORDELIKHEDE
- Neem algehele verantwoordelikheid vir die vestiging, opening en volledige daaglikse operasionele bestuur van die 5-ster boetiekhotel.
- Bestuur en koördineer alle hotelafdelings, insluitend ontvangs, besprekings, huishouding, kos en drank, gasteverhoudinge, instandhouding en administrasie.
- Implementeer en handhaaf 5-ster diens-, gehalte- en bedryfstandaarde regdeur die hotel.
- Verseker dat alle afdelings doeltreffend funksioneer en dat die hotel se daaglikse bedrywighede glad verloop.
- Wees daagliks sigbaar en prakties betrokke by hotelbedrywighede, personeel en gaste.
- Bestuur personeel, werkskedules, werwing, opleiding, prestasie, dissipline en personeelontwikkeling.
- Verseker uitsonderlike, persoonlike gastediens en hanteer gasteversoeke, terugvoer en klagtes professioneel.
- Bestuur operasionele begrotings, uitgawes, kostebeheer, voorraad, aankope en verskaffers.
- Monitor kamerbesetting, besprekings, tariewe en inkomste om die hotel se finansiële prestasie en winsgewendheid te bevorder.
- Verseker dat alle kamers, openbare areas, fasiliteite en toerusting aan die vereiste gehalte-, netheids- en instandhoudingstandaarde voldoen.
- Implementeer en handhaaf effektiewe operasionele prosedures, stelsels en interne kontroles.
- Identifiseer geleenthede om dienslewering, produktiwiteit, bedryfsdoeltreffendheid en kostebeheer voortdurend te verbeter.
- Verseker voldoening aan toepaslike arbeids-, gesondheids-, veiligheids-, voedselveiligheids- en ander wetlike vereistes.
- Bevorder volhoubare bedryfspraktyke, verantwoordelike hulpbronbestuur en positiewe verhoudings met plaaslike verskaffers en die gemeenskap.
PERSOONLIKE EIENSKAPPE
Die ideale kandidaat is ’n energieke, dinamiese en selfgemotiveerde leier met ’n passie vir luukse gasvryheid en uitstekende dienslewering.
Ons soek ’n persoon wat:
- Prakties ingestel is en nie huiwer om self hand by te sit nie.
- ’n Natuurlike leier is wat personeel kan motiveer en ontwikkel.
- Uitstekende menseverhoudinge en ’n sterk diensgerigte ingesteldheid het.
- Hoë standaarde handhaaf en besondere aandag aan detail gee.
- Proaktief, georganiseerd en oplossingsgerig is.
- Kalm onder druk kan funksioneer en verantwoordelikheid kan neem.
- Gemaklik is om in ’n kleiner gemeenskap te werk.
- Die vermoë het om ’n nuwe hotel se operasionele standaarde en diensleweringskultuur suksesvol te vestig.
Kandidate met bewese senior operasionele bestuurservaring, uitstekende leierskapvermoë en ’n passie vir die volledige bestuur van ’n luukse boetiekhotel word uitgenooi om aansoek te doen..
Om aansoek te doen, stuur volledige cv met verwysing MNGM aan recruitment@ovdm.co.za voor 05 November 2026
Found on LinkedIn · Posted 1 weeks ago · Last checked 1 weeks ago
Good to know
What does this hospitality job pay?
The salary is not listed on this hospitality role. Check the source listing or ask the employer when you apply.
Do I need experience for hospitality jobs in Upington?
Many hospitality roles in Upington are open to candidates with little or no experience. Read the listing for its exact requirements.
How do I apply for this job?
Tap "Apply on LinkedIn" to open the original listing, where you can read the full description and apply directly. JobsZA never charges you to apply, and you should never pay money to get a job.
Found on LinkedIn · Posted 1 weeks ago
More hospitality and similar jobs in Upington
Placements24 · Upington, Northern Cape
Papenfus Retail Consultants CC · Upington, Northern Cape