Verhuringsagent
Gevestigde Eiendomsagentskap
Potchefstroom, North West
Driving jobs span delivery, courier, code 10 and code 14 truck driving. A valid licence and PrDP are usually the only entry requirements, making this one of the most accessible skilled trades in South Africa.
This listing does not state a salary. As a guide, driver roles in South Africa typically pay R7 000 to R18 000 a month (indicative).
Job description
Verhuringsagent – Vakante Betrekking
Potch Eiendomme | Potchefstroom
Potch Eiendomme is ’n gevestigde eiendomsagentskap, geleë te Mareestraat 3, Potchefstroom. Ons lewer kompleksbestuur-, verhuringsbestuur- en verkoopsdienste aan die plaaslike mark.
Ons beskik tans oor ’n vakante betrekking vir ’n Verhuringsagent.
Die ideale kandidaat is ’n energieke, professionele en kliëntgerigte persoon wat daarvan hou om met mense te werk en gemotiveerd is om suksesvolle huurplasings te doen. Die kandidaat moet selfstandig kan werk, goeie administratiewe vaardighede hê en gemaklik wees met ’n werksomgewing waar vergoeding gedeeltelik prestasiegedrewe is.
Posbeskrywing
Die Verhuringsagent sal primêr verantwoordelik wees vir die bemarking van beskikbare verhuringseenhede en die plasing van geskikte nuwe huurders.
Pligte sluit onder andere die volgende in:
- Hantering van verhuringsnavrae en koördinering van besigtigingsafsprake.
- Beskikbaarheid vir besigtigings na ure, binne redelike tye, soos benodig.
- Beskikbaarheid op Saterdae vanaf 09:00 tot 12:00, soos benodig.
- Neem van professionele bemarkingsfoto’s en -video’s van beskikbare eiendomme.
- Opdatering en advertering van beskikbare eenhede op Property24 en ander toepaslike webplatforms.
- Werwing van nuwe verhuringseenhede.
- Professionele kommunikasie met voornemende en bestaande huurders.
- Invordering en prosessering van huuraansoeke en ondersteunende dokumentasie.
- Koördinering van die proses vanaf aanvanklike navraag tot suksesvolle plasing van ’n nuwe huurder.
- Uitvoer van inkomende en uitgaande inspeksies van verhuringseenhede.
- Akkurate vaslegging van inspeksie-inligting.
Die Verhuringsagent fokus hoofsaaklik op bemarking, besigtigings, aansoeke, plasings en inspeksies. Die volgende funksies word deur die toepaslike kantoorpersoneel hanteer en vorm nie deel van die Verhuringsagent se primêre verantwoordelikhede nie:
- Reëling en administrasie van instandhouding en onderhoudsverwante insidente.
- Hernuwing van bestaande huurkontrakte.
- Finansiële navrae en huurstaatnavrae.
- Opvolg en invordering van agterstallige huur.
Minimum vereistes
- Graad 12 / Matrieksertifikaat.
- Rekenaarvaardigheid, insluitend Microsoft Office.
- Geldige bestuurderslisensie.
- Eie betroubare voertuig.
- Goeie Afrikaanse en Engelse kommunikasievaardighede.
- Vorige ervaring as ’n Verhuringsagent of binne die eiendomsbedryf is voordelig en sal voorkeur geniet.
Eienskappe van die ideale kandidaat
Ons is op soek na iemand wat:
- Selfstandig en pligsgetrou kan werk.
- Dinamies, energiek en hardwerkend is.
- Resultaat- en prestasiegedrewe is.
- Goeie mense- en kommunikasievaardighede het.
- Noukeurig en akkuraat werk.
- Professioneel en betroubaar optree.
- Eerlik is en met integriteit handel.
- Sterk kliëntediensvaardighede het.
- Goeie organisatoriese en tydsbestuursvaardighede het.
- Inisiatief neem en verantwoordelikheid vir die verhuringsproses kan aanvaar.
Vergoeding en voordele
Die vergoedingspakket sluit die volgende in:
- Basiese maandelikse salaris.
- Kommissie per suksesvolle huurplasing.
- Brandstoftoelaag van R3,50 per kilometer vir goedgekeurde werksverwante kilometers wanneer ’n persoonlike voertuig gebruik word.
- Gebruik van ’n maatskappyvoertuig, na gelang van beskikbaarheid.
- Maatskappyselfoon en toepaslike selfoononkostes.
- Kantoorrekenaar.
Totale vergoeding is prestasie-afhanklik. Op grond van basiese salaris en verdiende kommissie kan gemiddelde maandelikse vergoeding, bereken oor ’n tydperk van 12 maande, ongeveer R15 000 per maand beloop.
Aansoeke
Belangstellende kandidate moet die volgende dokumentasie aan poste @ potcheiendomme.co.za stuur:
- Volledige Curriculum Vitae (CV).
- Matrieksertifikaat.
- Kort motiveringsbrief.
- Afskrif van identiteitsdokument.
Slegs kandidate wat aan die minimum vereistes voldoen, sal vir die keuringsproses oorweeg word.
Job Types: Full-time, Permanent
Pay: R8 000,00 - R15 000,00 per month
Ability to commute/relocate:
- Potchefstroom, North West: Reliably commute or planning to relocate before starting work (Required)
License/Certification:
- Driver's licence (Required)
Good to know
What does this driver job pay?
This listing does not state a salary. As a guide, driver roles in South Africa typically pay R7 000 to R18 000 a month (indicative).
Do I need experience for driver jobs in Potchefstroom?
This driver role may ask for some experience or a relevant qualification. Read the listing for the specifics before you apply.
How do I apply for this job?
Tap "Apply on Indeed" to open the original listing, where you can read the full description and apply directly. JobsZA never charges you to apply, and you should never pay money to get a job.
Found on Indeed · Posted 3 days ago
More driver and similar jobs in Potchefstroom
MyHelper.co.za
Salary not listed
PSG Konsult
Salary not listed
Vylor
Salary not listed